CLARISA & ANTON – 05.05.2012 – Kleinevalleij

Wat ‘n mooi tyd van die jaar is herfs troues. Clarisa en Anton se troue was net so ‘n perfekte prentjie van hulle liefde vir mekaar.   Uit die emosionele toesprake kon mense ook sien hoe belangrik familie en vriende vir hulle is.  Dit was vir ons nie net ‘n groot voorreg om die dag met julle te deel nie, maar ook so lekker.  Kleinevalleij is natuurlik ‘n fotograaf se droom en het ons werk soveel makliker gemaak.  Alle voorspoed met julle lewe saam en mag dit oorloop van God seen. Gaan kyk gerus na ook  Wyand van Wyk (http://www.whitelines.co.za/) se mooi video voorsmaak van hulle dag.

 

 

Read More»
© Copyright Alitha van Niekerk Photography – Cape Town