Baba Meiring – Newborn Studio
- At May 28, 2011
- By admin
- In Newborn, Studio
4
Meiring was 10 dae oud toe hy vir sy fotosessie gekom het. Om newborn babatjies af te neem is soms ’n uitdaging, maak nie saak watter ouderdom nie, selfs die klein slaperige babatjies kan soms vol dinge wees. Meiring was ‘n ander storie, net eenvoudig die rustigste baba wat ek al ooit afgeneem het. Du Toit en Karla, julle twee is stunning ouers, geniet elke oomblik van julle pragtige klein seuntjie.
Cilliers gesin – Studio
Johan, Marche en hulle 2 pragtige kinders Mila en Danté was ook al ‘n paar maal by my en is net amazingly fotogenies. Danté was ook so rustig dat mense soms vergeet het dat daar ‘n baba in die studio is en albei van hulle ‘n fotograaf se droom. Marche, dankie dat jy so geduldig wag vir jou blog.
Read More»
Smit gesin – Studio
- At May 27, 2011
- By admin
- In Studio
0
Marli was die eerste keer by my toe Caresa 3 weke oud was. Caresa was daardie dag so maklik dat ons die newborn fotosessie in 45mimute klaar gemaak het, ‘n rekord wat nogsteeds staan. Caresa is nou al 3 jaar oud (het die dag voor die fotosessie verjaar) en klein Derrick 13 maande. Woow dit was julle 4de fotosessie by my en soos die vorige 3 net ‘n plesier om julle hier te hê.
Basson gesin – Studio
Ek het Katelyn verlede jaar die eeste keer in my studio gehad toe sy 8 dae oud was. Dis net ongeloof lik hoe baie hulle in 9 maande verander en hoe hulle persoonlikheid ontwikkel. Katelyn is net so ‘n gelukkige kleintjie, wat amper nooit tydens die sessie ophou lag het nie. Ek wou haar heeldag in my studio hou….. daai oë is so ongelooflik mooi. Dankie julle vir ‘n lekker sessie.
Nienaber gesin – Studio
Lila en Carlu was net so ‘n plesier in my studio. Dankie dat julle almal soveel fun was en my werk vir my so maklik gemaak het.
RECENT COMMENTS